TomTom-eindgebruikerlisensie-ooreenkoms

Die sagteware wat in u Garmin-produk ingebed is (die “sagteware”), word deur Garmin Ltd. of sy filiaalmaatskappye (“Garmin”) besit. Die kaartdata wat in u Garmin-produk ingebed is of wat die Garmin-produk vergesel (die “kaartdata”) word deur óf Garmin óf TomTom North America, Inc. ("TTNA") óf 'n ander derde party besit en is aan Garmin gelisensieer. Garmin besit ook of lisensieer van derdepartyverskaffers die inligting, verkeersinligting, teks, beelde, grafika, foto's, klank, video en ander toepassings en data (“Ander Inhoud”). Die Kaartdata en Ander Inhoud is gesamentlik die “Inhoud”.  Beide die Sagteware en Inhoud word kragtens kopieregwette en internasionale kopiereg-ooreenkomste beskerm. Die Sagteware en Inhoud word gelisensieer, nie verkoop nie. Die struktuur, organisasie en kode van die Sagteware is waardevolle handelsgeheime van Garmin en/of sy derdeparty-verskaffers.  Die Sagteware en Inhoud word ingevolge die onderstaande lisensie verskaf en is onderhewig aan die volgende bepalings en voorwaardes waarop die eindgebruiker (“u”) en Garmin en sy lisensiegewers (ingesluit hul lisensiegewers en verskaffers) en geaffilieerde maatskappye ooreenkom.  TTNA en Garmin se ander lisensiegewers, insluitende die lisensiegewers, diensverskaffers, kanaalvennote, verskaffers en geaffilieerde maatskappye van TTNA, Garmin en hul onderskeie lisensiegewers, is elk 'n direkte en voorgenome derdeparty-begunstigde van hierdie Ooreenkoms en kan hul regte direk teen u afdwing in die geval dat u hierdie Ooreenkoms breuk.

BELANGRIK: LEES HIERDIE LISENSIE NOUKEURIG VOOR HIERDIE PRODUK GEBRUIK WORD. INSTALLERING, KOPIËRING, OF ANDER GEBRUIK VAN HIERDIE PRODUK OF DIE INHOUD DUI OP U ERKENNING DAT U HIERDIE LISENSIE GELEES HET EN DIE BEPALINGS DAARVAN AANVAAR. INDIEN U DIT NIE AANVAAR NIE, BESORG DIE VOLLEDIGE PRODUK BINNE 7 DAE NA DIE DATUM WAAROP DIT AANGESKAF IS (INDIEN NUUT GEKOOP) TERUG VIR 'N VOLLE TERUGBETALING. BESORG DIE PRODUK TERUG BY DIE HANDELAAR WAAR U HIERDIE PRODUK GEKOOP HET.

U, die Gebruiker, erken dat deur voort te gaan om hierdie produk te gebruik:

  1. U verkeerde gebruik van hierdie produk skade/verlies/in gevaar stel van lewe/gesondheid en die van ander kan veroorsaak (byvoorbeeld as u nie eerstens verkeerswette en -reëls nakom nie, ten spyte van enige instruksie wat die produk u kan gee);
  2. Garmin, sy filiaalmaatskappye en sy derdepartyverskaffers beperk hul aanspreeklikheid vir verlies, skade, besering en voortspruitende skadevergoeding wat u of derde partye moontlik kan opdoen weens u versuim om gehoor te gee aan hierdie waarskuwing en nie verkeersreëls/-wette bo enige instruksies deur die Produk te gehoorsaam nie.

Die Gebruiker word gewaarsku om altyd die Padverkeersreëls, -regulasies en -wette (“Verkeersreëls”) te gehoorsaam in die gebied waar die produk gebruik word, en om verantwoordelik te ry terwyl die produk gebruik word. VERSUIM OM DIT TE DOEN KAN LEI TOT ERNSTIGE BESERINGS/STERFTE.   In die geval van konflik tussen die Verkeersreëls en die produk se instruksies, moet die Verkeersreëls altyd seëvier.

1.         LISENSIE:

GARMIN (“ons”) voorsien u van bergingsmedia wat die sagteware en die ingebedde of meegaande Inhoud bevat, insluitend enige “aanlyn”- of elektroniese dokumentasie en gedrukte materiaal (saam bekend as die “Produk” vir doeleindes van hierdie Lisensie-ooreenkoms), en reik aan u ’n beperkte, nie-eksklusiewe lisensie uit om die Produk in ooreenstemming met die bepalings van hierdie Lisensie-ooreenkoms te gebruik. Die kopiereg en alle ander regte op die Produk bly by ons en, waar van toepassing, ons derdeparty-inhoudverskaffers. U moet enige kopiereg- of ander kennisgewing wat op die Produk verskyn, weergee op alle kopieë wat u maak. U erken die vertroulikheid van die Sagteware en die Inhoud. U moet die vertroulikheid van enige Vertroulike Inligting wat aan Garmin of TTNA behoort te alle tye tydens die Termyn en daarna bewaar en dit nie direk of indirek openbaar maak, of dit vir eie gewin of vir enige ander individu of entiteit gebruik nie.  U erken verder dat die gebruik van TTNA-produkte met nie-TTNA-kaarte kan lei tot verhoogde afwyking tussen die ligging vertoon op die kaart en die werklike grondligging. Garmin behou ook die reg om die aanbod van enige Inhoud wat deur enige derdeparty-verskaffer verskaf word, te staak, indien so ’n verskaffer ophou om sulke inhoud te verskaf of indien Garmin se kontrak met so ’n verskaffer om enige rede beëindig word.

2.         U MAG:

a) Die Produk slegs vir u eie interne sake- of persoonlike gebruik aanwend, en nie vir herverkoop, verspreiding, onderlisensiëring, kommersiële gebruik of gebruik in oproepsentrums nie. Die Produk kan in 'n voertuig gebruik word as deel van 'n toepassing vir vlootopsporing/roetebeplanning en/of versending.

b) een kopie van die Produk maak (indien 'n DVD/CD verskaf word) vir argief- of rugsteundoeleindes.

c) slegs die Produk aan iemand anders oordra indien u al u regte ingevolge hierdie Lisensie afstaan, alle gebruik van die Produk staak, enige kopie (insluitende die hardeskyfkopie) skrap of vernietig wat gemaak is om u gebruik van die Produk te steun, en verseker dat die ander persoon tot die bepalings van hierdie Lisensie instem.

3.         U MAG NIE:

a) kopieë van die Produk maak buiten dit wat uitdruklik in Afdeling 2 van hierdie Lisensie-ooreenkoms toegelaat word nie.

b) die Produk vertaal, die ontwerp afkyk, dit segmenteer, uitmekaar haal of afgeleide vorme daarvan skep nie, behalwe in die mate waarin die voorafgaande beperking uitdruklik verbied word deur toepaslike wetgewing.

c) die Produk of enige ontsluitkode vir die produk verhuur, in bruikhuur gee, tyddeel, leen, onderlisensieer, versprei, afstaan of oordra nie, behalwe soos uiteengesit in Afdeling 2(c) hierbo.

d) die Produk gebruik om 'n digitale kaartdatabasis ('n databasis van georuimtelike data wat die volgende inligting en kenmerke bevat: (x) padmeetkunde en straatname; of (y) roetebepalingkenmerke wat draai-vir-draai-navigasie op sulke padmeetkunde toelaat; of (z) breedte en lengte van individuele adresse en huisnommerreekse) te skep of te help met die skep daarvan nie.

e) die Produk wysig of enige of alle dele van die Produk met 'n ander program saamsmelt nie.

f) enige kopiereg, handelsmerk, beperkende sleutel of ander eiendomsregtelike kennisgewings in die Produk verwyder, verberg of wysig nie.

g) die Produk vir in-vlug-navigasie op vliegtuie gebruik nie.

h) die Produk gebruik om mededingende inligting oor TTNA of sy produkte aan derde partye te verskaf nie.

i) die Produk of enige afgeleide weergawe daarvan gebruik vir die doel om verkeerswette toe te pas nie, insluitend, maar nie beperk tot die keuse van moontlike liggings vir die installasie van spoedkameras, spoedsnelstrikke of ander spoed-naspoortoestelle nie.

4. Lewenslange Kaarte: 

Indien u 'n nüMapsTM Lewenslange intekening (afsonderlik verkoop) koop of indien u Garmin-produk in 'n pakket verskyn saam met 'n nüMaps Lewenslange of ander lewenslange kaartintekening, sal u Kaartdatabywerkings ontvang wanneer en soos hierdie bywerkings op Garmin se webwerf beskikbaar gestel word, gedurende die nuttige lewe van een (1) versoenbare Garmin of vir so lank as wat Garmin Kaartdata by TTNA of ander derdeparty-verskaffer ontvang, watter een ook al korter is. 'n Produk se "nuttige lewe" beteken die tydperk waartydens die produk (a) voldoende geheuekapasiteit en ander vereiste, tegniese vermoëns het om huidige Kaartdata te benut en (b) in staat is om gebruik te word soos bedoel, sonder groot herstelwerk. 'n Produk sal beskou word as buite diens en sy nuttige lewe beëindig, indien geen bywerkings vir sodanige produk vir 'n tydperk van 24 maande of meer afgelaai is nie.  Die bywerkings wat u as deel van die intekening ontvang, sal bywerkings vir dieselfde geografiese area wees wat oorspronklik by u Garmin-produk ingesluit was toe u dit gekoop het, tensy anders vermeld. U Garmin-produk kan onder sekere omstandighede nie genoeg geheue oorhê sodat u 'n bywerking van die Kaartdata kan laai nie. In sulke gevalle moet u óf (a) 'n kleiner kaartgebied vir u bywerkings kies, óf (b) 'n mikroSD-kaart of 'n SD-kaart afsonderlik aanskaf (indien en soos op u Garmin-produk van toepassing) en die geheel of 'n gedeelte van die Kaartdata-dekking vir u bywerkings na die kaart laai en die kaart in die mikroSD- of SD-kaartgleuf van u Garmin-produk sit.  Indien geen van die maatreëls in (a) of (b) gebruik kan word om u produk se tekort aan voldoende, oorblywende geheue aan te spreek nie, kan Garmin tot die gevolgtrekking kom dat u produk se "nuttige lewe" verval het.  Garmin kan u nüMaps Lewenslange of ander lewenslange kaartintekening te eniger tyd beëindig indien u enige van die bepalings van hierdie Ooreenkoms of u intekening oortree. U nüMaps Lewenslange intekening of ander lewenslange kaartintekening kan nie na 'n ander persoon of 'n ander Garmin-produk oorgedra word nie. 

5. Garmin se Regstreekse Dienste: 

Garmin se Regstreekse dienste kan 'n “eenmalige” Regstreekse diensaankoop wees of 'n aankoop vir 'n spesifieke termyn.  Indien 'n “eenmalige” aankoop gemaak word, sal kopers van daardie diens Garmin Regstreekse dienste ontvang vir (i) die bruikbare lewe van die aankoper se Garmin-toestel, (ii) die bruikbare lewe van die aankoper se slimfoon, of (iii) vir solank as wat Garmin Inhoud vanaf sy derdeparty-inhoudverskaffer ontvang, watter van die drie tydperke ook al die kortste is.  'n Toestel se "bruikbare lewe" beteken die tydperk waartydens die toestel (a) die vereiste tegniese vermoëns het om die huidige-op-daardie-stadium Regstreekse dienste (insluitend 'n Regstreekse diensversoenbare bedryfstelsel) te kan gebruik en (b) daartoe in staat is om gebruik te word soos bedoel sonder groot herstellings. 'n Toestel sal beskou word as buite diens en sy nuttige lewe beëindig, indien geen bywerkings vir sodanige toestel vir 'n tydperk van 24 maande of meer afgelaai is nie. Garmin se Regstreekse dienste-inhoud is nie vir alle areas beskikbaar nie. Garmin kan 'n Regstreekse diensintekening onmiddellik skrap indien daar 'n oortreding van die Regstreekse diensgebruiksbepalings is.  Regstreekse diensintekenings mag nie na 'n ander persoon of 'n ander Garmin-produk oorgedra word nie, selfs al bly die toepassing op die slimfoon.  Garmin se Regstreekse Dienste word gedeeltelik - afhangend van die diens - geografies beperk tot die ontvangs- en versendingsreikwydte van die radioversenders, wat deur die onderskeie netwerkoperateurs bedryf word. Dit kan beïnvloed word deur atmosferiese toestande, topografiese toestande, die voertuig se ligging of posisie, sowel as hindernisse (byvoorbeeld brûe en geboue). Sommige dienste is oor die algemeen nie in alle lande beskikbaar nie.  Die omvang en kenmerke van die beskikbare dienste verskil van land tot land.  U is persoonlik verantwoordelik vir die nakoming van wette en regulasies van die onderskeie lande.

6.         Voorspellende Roetebepaling: 

Hierdie toestel kan 'n funksie genaamd myTrends hê wat "roetes voorspel" en u bestuurroetines identifiseer.  Indien dit wel hierdie funksie het, sal u toestel, wanneer dit 'n roete voorspel, u beraamde tyd tot by u bestemming en relevante verkeersinligting rakende die voorspelde roete vertoon.  Inligting aangaande u bestuursroetines word nie deur Garmin versamel nie, maar dit sal toeganklik wees aan enige iemand anders wat u toestel gebruik.  Indien u nie wil hê dat u toestel u roetes moet voorspel nie of inligting vertoon wat verband hou met voorspelde roetes nie, kan u myTrends afskakel deur na u toestel se Instellingskieslys te gaan.

7.         trafficTrends: 

Hierdie toestel kan ook 'n funksie genaamd trafficTrends hê wat u ligging, spoed en rigting opneem terwyl u met u toestel bestuur.  Indien dit wel hierdie funksie het, sal Garmin, wanneer en indien u u toestel aan u rekenaar koppel en www.my.garmin.com besoek, hierdie inligting versamel en sal dit saam met soortgelyke inligting van ander gebruikers 'n gemiddelde vorm.  Hierdie saamgestelde inligting sal deur Garmin gebruik word om verbeterde roetebepaling-inligting te ontwikkel en aan kliënte te verskaf.  U kan trafficTrends te eniger tyd afskakel deur na u toestel se Instellingskieslys te gaan.

8.         Insameling van inligting: 

Ons kan inligting insamel oor hoe gereeld u u toestel gebruik of die gereeldheid waarmee sekere toepassings en kenmerke van u toestel gebruik word.  Hierdie inligting sal anoniem ingesamel word, op 'n manier wat u nie persoonlik identifiseer nie.  Ons kan hierdie inligting gebruik om gebruikerneigings in die algemeen vas te stel en om andersins ons produkte of toepassings te verbeter.  Die gebruik van ligginggebaseerde dienste op u toestel, wat weer, rolprenttye, verkeersinligting, brandstofpryse of inligting oor plaaslike gebeurtenisse kan insluit, sal veroorsaak dat die fisieke ligging van u toestel ingesamel word sodat u hierdie ligginggebaseerde dienste kan ontvang. Hierdie liggingdata sal anoniem ingesamel word, op 'n manier wat u nie persoonlik identifiseer nie.    Indien u toestemming verleen, sal Garmin inligting vanaf u toestel insamel en oplaai, soos u ligging, spoed en rigting (bekend as “verkeerpeilingsdata” of “wisselende motordata”) om die gehalte van die verkeersdata en ander inhoud wat deur Garmin of inhoudverskaffers voorsien word, te verbeter.  Indien u toestemming verleen, kan Garmin ook hierdie data met derde partye deel of die data aan hulle verkoop. Hierdie data sal anoniem gedeel en verkoop word, op 'n manier wat u nie persoonlik identifiseer nie.    Die insameling en gebruik van hierdie ligginginligting word in verdere besonderhede beskryf in die privaatheidsverklaring van u toestel.

9.         TERMYN:

Hierdie Lisensie sal geld so lank as wat u die Produk gebruik. Hierdie Lisensie sal egter outomaties verval, sonder kennisgewing deur GARMIN, indien u versuim om enige van die bepalings of voorwaardes daarvan na te kom. U moet instem om met beëindiging alle kopieë van die Inhoud wat bestaan te vernietig. Die Beperkings van Waarborge en Aanspreeklikheid wat hieronder uiteengesit word, sal selfs na enige beëindiging van krag bly.  Hierdie ooreenkoms sal ook onmiddellik beëindig word indien Garmin en enige derde party wie se Inhoud Garmin lisensieer hul ooreenkoms beëindig.  Alle artikels wat weens hul aard moet voortgaan ná die beëindiging van hierdie Ooreenkoms, soos, maar nie beperk tot nie, die Beherende Wetgewing en Vrywaringsklousules sal van krag bly ten spyte van die beëindiging van hierdie Ooreenkoms.

10.       BEPERKING VAN WAARBORGE:

DIE PRODUK WORD VOORSIEN OP 'N “VOETSTOOTS”- EN “MET ALLE GEBREKE”-GRONDSLAG. GARMIN EN SY LISENSIEGEWERS OF VERSKAFFERS, INSLUITENDE TTNA, WEIER UITDRUKLIK ALLE WAARBORGE OF VOORWAARDES, UITDRUKLIK OF BY IMPLIKASIE, INSLUITENDE, MAAR NIE BEPERK NIE TOT, ENIGE UITDRUKLIKE OF GEÏMPLISEERDE WAARBORG VAN VERHANDELBAARHEID OF GESKIKTHEID VIR 'N SPESIFIEKE DOEL, NIE-OORTREDING, BEVREDIGENDE GEHALTE, AKKURAATHEID, TITEL OF ENIGE WAARBORGE WAT VOLGENS WET, STATUUT, HANDELSGEBRUIK OF HANTERINGSWYSE ONTSTAAN.  GEEN MONDELINGSE OF GESKREWE RAAD OF INLIGTING WAT GEGEE WORD DEUR GARMIN OF SY DIENSVERSKAFFERS, VERSKAFFERS, KANAALVENNOTE EN LISENSIEGEWERS, INSLUITENDE TTNA, OF DEUR AGENTE EN WERKNEMERS VAN GARMIN, SY DIENSVERSKAFFERS, VERSKAFFERS, KANAALVENNOTE OF LISENSIEGEWERS, INSLUITENDE TTNA, SAL 'N WAARBORG SKEP NIE, EN U IS NIE GEREGTIG OM OP ENIGE SODANIGE RAAD OF INLIGTING STAAT TE MAAK NIE. HIERDIE VRYWARING VAN WAARBORG IS ’N NOODSAAKLIKE VOORWAARDE VAN HIERDIE OOREENKOMS. Sommige deelstate, gebiede of lande laat nie sekere waarborg-uitsluitings toe nie, dus is bogenoemde uitsluiting in daardie mate dalk nie op u van toepassing nie.

11.       BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID:

U AANVAAR ALLE VERANTWOORDELIKHEID EN RISIKO VIR DIE GEBRUIK VAN HIERDIE PRODUK. DIT IS U VERANTWOORDELIKHEID OM HIERDIE PRODUK VERSTANDIG TE GEBRUIK EN OM STRATE, PAAIE, PADTEKENS EN AANWYSINGS VISUEEL NA TE GAAN. HIERDIE PRODUK IS SLEGS BEDOEL OM AS 'N REISHULP GEBRUIK TE WORD, EN MOENIE GEBRUIK WORD VIR ENIGE DOEL WAT PRESIESE METING VAN RIGTING, AFSTAND OF LIGGING VEREIS NIE.

GARMIN EN SY VERSKAFFERS EN LISENSIEGEWERS, INSLUITENDE TTNA, ONTKEN ALLE AANSPREEKLIKHEID VIR ENIGE VERLIES, BESERING OF SKADE WAT SPRUIT UIT GEBRUIK VAN HIERDIE PRODUK, HETSY DIREK OF INDIREK, ONGEAG OF GARMIN OF ENIGE SOORTGELYKE VERSKAFFER OF LISENSIEGEWER IN KENNIS GESTEL IS VAN DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE VERLIES, BESERING OF SKADE, OF KENNIS DRA DAARVAN AL DAN NIE. GARMIN, TTNA OF ENIGE VAN HUL ONDERSKEIE VERSKAFFERS OF LISENSIEGEWERS SAL ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE ENIGE AANSPREEKLIKHEID HOEGENAAMD TEENOOR U OF ENIGE ANDER PERSOON OF ENTITEIT HÊ NIE VIR ENIGE KOMPENSERENDE, INDIREKTE, TOEVALLIGE, SPESIALE VOORTSPRUITENDE OF BESTRAFFENDE SKADEVERGOEDING NIE, INSLUITENDE, MAAR NIE BEPERK NIE TOT, VERLIES AAN INKOMSTE OF WINS OF DIE KOSTE VAN VERSEKERING, VERLORE OF BESKADIGDE DATA, VERLIES AAN GEBRUIK OF BEDRYFSTEURING, OF ANDER KOMMERSIËLE OF EKONOMIESE VERLIESE, SELFS AL IS ONS IN KENNIS GESTEL VAN DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADEVERGOEDING, OF INDIEN DIT VOORSPELBAAR IS. ONS IS OOK NIE VERANTWOORDELIK VIR EISE DEUR 'N DERDE PARTY NIE. GARMIN EN SY LISENSIEGEWERS SE TOTALE GESAMENTLIKE AANSPREEKLIKHEID TEN OPSIGTE VAN HUL VERPLIGTINGE INGEVOLGE HIERDIE OOREENKOMS OF ANDERSINS TEN OPSIGTE VAN DIE GARMIN-PRODUK OF DIE INHOUD SAL NIE $1.00 OORSKRY NIE. DIE BEPERKINGS IN HIERDIE AFDELING SAL GELD, ONGEAG OF DIE BEWEERDE VERBREKING OF NALATING 'N VERBREKING VAN 'N GRONDLIGGENDE BEPALING OF VOORWAARDE, OF 'N GRONDLIGGENDE VERBREKING IS OF NIE. DESONDANKS ENIGIETS VAN DIE TEENDEEL WAT HIERIN BEVAT WORD, SAL TTNA NIE ENIGE GELDELIKE AANSPREEKLIKHEID TEENOOR U VIR ENIGE GRONDE (ONGEAG DIE VORM VAN AKSIE) INGEVOLGE OF MET BETREKKING TOT HIERDIE LISENSIE-OOREENKOMS HÊ NIE.  Sommige deelstate, gebiede of lande laat nie sekere aanspreeklikheid-uitsluitings, of uitsluiting van bykomende of voortvloeiende skadevergoeding toe nie, dus is bogenoemde in daardie mate dalk nie op u van toepassing nie.

12.       REGERINGSREGTE:

Indien Eindgebruiker 'n agentskap, departement of ander entiteit van die Regering van die Verenigde State is, of in geheel of gedeeltelik deur die VS-regering befonds word, is gebruik, duplisering, herproduksie, vrystelling, wysiging, bekendmaking of oordrag van die Produk en meegaande dokumentasie beperk in ooreenstemming met die BEPERKTE regte soos beskryf in enige toepaslike DFARS of FAR.  In geval van konflik tussen enige van die FAR en/of DFARS wat op die Produk van toepassing kan wees, insluitende die gelisensieerde TTNA-produk, sal die vertolking wat groter beperkings op die Regering se regte verskaf, heers. Die kontrakteur/vervaardiger is Garmin International, Inc.,1200 East 151st Street, Olathe, Kansas 66062, USA en TomTom North America, Inc., 11 Lafayette Street, Lebanon, New Hampshire 03766-1445.  Die Gelisensieerde TTNA-produkte is © 2006-20XX van TomTom.  ALLE REGTE VOORBEHOU. Vir die doel van enige openbare bekendmaking-bepaling ingevolge enige federale, staat- of plaaslike wetgewing, word daar ooreengekom dat die Gelisensieerde TomTom-produkte 'n handelsgeheim en 'n kommersiële eiendomsproduk is en nie onderhewig aan bekendmaking is nie.

Indien die Eindgebruiker 'n agentskap, departement of ander entiteit van enige Staatsregering, die Regering van die Verenigde State of enige ander openbare entiteit is of in geheel of gedeeltelik deur die VSA-regering befonds word, stem die Eindgebruiker hiermee in om die Inhoud teen openbare bekendmaking te beskerm en om die Inhoud as vrygestel van enige statuut, wet, regulasie of kode te beskou, insluitend enige Sunshine Act, Public Records Act, Freedom of Information Act, of die ekwivalent daarvan, wat openbare toegang en/of herproduksie of gebruik van die Inhoud toelaat. Indien so 'n uitsondering ingevolge enige sodanige wetgewing betwis word, sal hierdie Lisensie-ooreenkoms as verbreek beskou word; enige en alle regte om enige kopieë van die Inhoud te behou of dit te gebruik, sal beëindig word en onmiddellik nietig geag word. Enige kopieë van die Inhoud in die Eindgebruiker se besit sal onmiddellik vernietig word.  Indien enige hof van bevoegde regspraak hierdie klousule as nietig en onafdwingbaar beskou, in geheel of gedeeltelik, vir enige rede, sal hierdie Lisensie-ooreenkoms as beëindig beskou word en nietig wees, in sy geheel, en enige en alle kopieë van die Gelisensieerde TTNA-produkte sal onmiddellik vernietig word.

13.       UITVOERBEHEERMAATREËLS:

U onderneem om nie die Produk na enige land uit te voer of oor uit te voer in stryd met die uitvoerbeheerwette van die Verenigde State van Amerika nie.

14.       ALGEMEEN:

Hierdie Lisensie maak die hele ooreenkoms uit tussen ons, vervang enige ander ooreenkoms of bespreking, mondeling of skriftelik, en mag nie verander word behalwe deur 'n getekende ooreenkoms nie. Hierdie Lisensie sal beheer word deur en vertolk word in ooreenstemming met die wette van die Staat van Kansas, Verenigde State van Amerika. Indien 'n hof met bevoegde regspraak enige bepaling van hierdie Lisensie ongeldig, onwettig of onafdwingbaar verklaar, sal sodanige bepaling uit die Lisensie verwyder word en die ander bepalings sal ten volle van krag en werking bly. Die bindende ooreenkomste en verpligtinge waartoe die Eindgebruiker hom/haar hierin verbind het, is bedoel vir die direkte voordeel van TTNA en kan direk deur TTNA afgedwing word teen die Eindgebruiker.  TTNA sal die reg hê om Garmin en die Eindgebruiker te oudit vir nakoming van hierdie Lisensie-ooreenkoms.

15.       INDIEN U VEILIGHEIDSKAMERA-INLIGTING ONTVANG:

U erken dat Produkte ontwerp is om gebruik te word as 'n hulpmiddel om veiliger te bestuur.  U kan boodskappe ontvang wat u van liggings van veiligheidskameras inlig wat u in staat sal stel om u spoed in hierdie areas te monitor.  Nóg Garmin nóg sy Lisensiegewers, insluitende TTNA, waarborg dat alle soorte en liggings van veiligheidskameras beskikbaar is, aangesien kameras verwyder of verskuif kan word of nuwe kameras geïnstalleer kan word.  Nóg Garmin nóg sy Lisensiegewers, insluitende TTNA, keur die ry van vinniger as die spoedgrens of enige ander versuiming om plaaslike verkeerswette te gehoorsaam goed nie.  Dit is u verantwoordelikheid om te alle tye teen die gegewe spoedgrens asook op 'n veilige wyse te bestuur.  Nóg Garmin nóg sy Lisensiegewers, insluitende TTNA, aanvaar hoegenaamd ENIGE verantwoordelikheid indien u spoedkaartjies kry of punte op u lisensie verloor met die gebruik van hierdie toestel nie.  Nóg Garmin nóg sy Lisensiegewers, insluitende TTNA, waarborg die akkuraatheid van die data wat in hierdie databasis bevat word nie, hetsy uitdruklik of by implikasie.  Indien u 'n kaartjie of enige ander boete kry vir die oorskry van spoedgrense of vir die oortreding van enige verkeerswet, of indien u in 'n ongeluk betrokke is, is nóg Garmin nóg sy Lisensiegewers, insluitende TTNA, verantwoordelik vir enige soort skade.  In sommige lande kan die gebruik van data of inligting rakende veiligheids- of spoedkameras indruis met plaaslike wetgewing en/of -regulasies. Dit is u verantwoordelikheid om seker te maak dat u gebruik van die data in ooreenkoms is met plaaslike wetgewing en/of ander regulasies.  Gebruik is op u eie risiko.

16.       TOMTOM-HANDELSMERKIKOON GELISENSIEERDE PRODUK (die “Handelsmerkikoon”)

Indien u Produk die Handelsmerkikoon insluit, stem u in dat die gebruik van die Handelsmerkikoon onderhewig aan die bepalings en voorwaardes is wat in hierdie Ooreenkoms uiteengesit is en dat daar bykomende derdeparty-bepalings, -voorwaardes en -beperkings kan wees waaraan die gebruik van die Handelsmerkikoon onderhewig sal wees wat van tyd tot tyd deur Garmin in die vrystellingsnotas, van toepassing op u Produk, verskaf word. 

17.       INDIË-DATA

U stem in dat enige deel van die Produk wat data van Indië bevat, onderhewig kan wees aan bykomende bepalings en voorwaardes wat aan u verskaf sal word wanneer dit vir TTNA beskikbaar is.  Indië-data kan nie uit Indië uitgevoer word nie.

18.       NOORWEË-DATA

U word verbied om die data van Noorweë te gebruik om gedrukte of digitale kaarte vir algemeen kommersiële doeleindes te skep, wat soortgelyk aan die basiese nasionale produkte van die Noorweegse Karteringgesag is. Enige kaart van die data vir Noorweë sal beskou word as soortgelyk aan die basiese nasionale produkte van die Noorweegse Karteringgesag indien sodanige kaart 'n streeks- of nasionale dekking het, en terselfdertyd inhoud, 'n skaal en formaat het wat soortgelyk is aan die basiese nasionale produkte van die Noorweegse Karteringgesag. 

19.       KANADESE POSKODES

U kan nie die 6-syfer alfa/numeriese Kanadese poskodes gebruik wat in enige Produk bevat word vir massa-posversending van items deur die Kanadese posstelsel nie.   Die 6-syfer alfa/numeriese Kanadese poskodes word in geheel bevat in die Produk en is nie ontginbaar nie, en u mag ook nie probeer om dit te ontgin nie.  U mag nie die Kanadese poskodes vertoon of gebruik vir poskodenaslaan op die internet nie, en u kan dit ook nie ontgin of uitvoer uit enige toepassing om gebruik te word vir die skep van enige ander datastel of toepassing nie. Desondanks die bogenoemde, kan u Kanadese poskodes opsioneel regstel of aflei met gebruik van die produk, maar slegs as deel van die adresinligting vir liggings (bv.: van afleweringspunte en depots) wat opgestel is in die Produk, en data opsioneel ontgin vir doeleindes van vlootbestuur.

20.       PREMIUMBELANGEPUNTE

U word uitdruklik verbied om die Premiumbelangepunte van Noord-Amerika te gebruik vir (a) telefoonoproeproetering-verwante toepassings; (b) skerm-opspringtoepassings, (c) CD-ROM-gids van ander afgeleide gidsproduk; (d) bevestigingsdienste; (e) bellernaamdienste; en (f) bevestigingsdienste vir aanlyn-bemarkingsleidraad.

21.       KOPIEREGKENNISGEWINGS.

Databron vir Kaarte © 2013 TomTom; en, bykomend, gebaseer op:
Vir Oostenryk:  © BEV, GZ 1368/2013.
Vir Denemarke:  © DAV, oortreding van hierdie kopieregte sal regshandelinge veroorsaak.
Vir Frankryk (slegs navigasietoepassings): Michelin-data © Michelin 2013.
Vir Duitsland: GeoBasis-DE/Geobasis NRW 2013.
Vir Indonesië:  © Base data Bakosurtanal. 
Vir Malta:  © Mapping Unit, Malta Environment and Planning Authority.
Vir Noord-Ierland:  Ordnance Survey of Northern Ireland.
Vir Noorweë:  © Norwegian Mapping Authority, Public Roads Administration / © Mapsolutions.
Vir Rusland:  © Roskartographia.
Vir Switserland:  © Swisstopo.
Vir Nederland:  Topografische onderground Copyright © dienst voor het kadaster en de openbare registers, Apeldoorn 2013.
Vir Verenigde Koninkryk (uitgesluit Noord-Ierland): Contains Ordnance Survey data © Crown copyright and database right 2013.
Vir Code-Point® Open data: Contains Royal Mail data © Royal Mail copyright and database right 2013.

Data source for MultiNet North America – coverage of Canada:  © 2006 – 2013 TomTom.  All rights reserved.  This material is proprietary and the subject of copyright protection and other intellectual property rights owned or licensed to TomTom.  The product includes information copied with permission from Canadian authorities, including © Canada Post Corporation, GeoBase®, and Department of Natural Resources Canada, All rights reserved.  The use of this material is subject to the terms of a License Agreement.  You will be held liable for any unauthorized copying or disclosure of this material. Adapted from Statistics Canada: Road Network File, 2011; and Census Population and Dwelling Count Highlight Tables, 2011 Census. This does not constitute an endorsement by Statistics Canada of the Product.

Data source for North America Premium Points of Interest – coverage of Canada and/or United States:  © 2006 – 2013 TomTom. All rights reserved.  This material is proprietary and the subject of copyright protection, database right protection and other intellectual property rights owned by TomTom or its suppliers.  Portions of the POI database contained in Premium Points of Interest North America have been provided by Localeze.  The use of this material is subject to the terms of a license agreement. Any unauthorized copying or disclosure of this material will lead to criminal and civil liabilities.

Data source for Matchmaker SDK Professional Canada Address Coding Guide:  © 2001 – 2013 TomTom.  All rights reserved. This material is proprietary and the subject of copyright protection and other intellectual property rights owned or licensed to TomTom.  The product includes information copied with permission from Canadian authorities, including © Canada Post Corporation and GeoBase®, All rights reserved.  The use of this material is subject to the terms of a License Agreement.  You will be held liable for any unauthorized copying or disclosure of this material. Adapted from Statistics Canada, Road Network File, 2011. This does not constitute an endorsement by Statistics Canada of this product.

Data source for Post Canada FSA layer and Canada 6-digit layer:  © 2006 – 2013 TomTom.  All rights reserved.  This material is proprietary and the subject of copyright protection and other intellectual property rights owned or licensed to TomTom.  The product includes information copied with permission from Canadian authorities, including © Canada Post Corporation, All rights reserved.  The use of this material is subject to the terms of a License Agreement.  You will be held liable for any unauthorized copying or disclosure of this material.

Data source for Administrative Areas for Canada:  Adapted from Statistics Canada, Census Population and Dwelling County Highlight Tables, 2011. This does not constitute an endorsement by Statistics Canada of this product.

Data source for North America Telecommunications – coverage of Canada and/or United States:  © 2013 Pitney Bowes.  All rights reserved.  In addition, for the following product layers Wire Center Boundaries, ILEC Boundaries, and Rate Center Boundaries, the following also applies:  This product contains information and/or data of Telcordia Technologies, Inc. licensed to be included herein.